History
Miniatuurperde op Buttermead
Miniatuurperde het hul verskyning gedurende 1986 op Buttermead gemaak met die eerste twee hingsies, Sikspens en Tiekie as troetelperde vir Willem. In 1989 word die eerste twee merries, Penny en Oortjies, tot die kudde gevoeg en van daar het die teling met Miniatuurperde op Buttermead begin. Later is nog teelmerries aangekoop en in 2003 word die Eduan Miniatuurperdstoet geregistreer. Tans word daar ook van ingevoerde bloedlyne in die stoet gebruik gemaak, wat uit ongeveer 30 teelmerries, twee stoet hingste en ‘n aantal jong perde en reuns bestaan.
Ons poog om ‘n geharde miniatuurperd te teel wat aangepas is onder alle omstandighede, maar nog steeds goeie konformasie, beweging, temperament en vrugbaarheid handhaaf. Die uitdaging bly om die volmaakte perd so klein as moontlik te teel.
Ons Beleid is om slegs Teelmateriaal aan ander Telers Beskikbaar te stel wat ons in ons eie kuddde sal
gebruik.
|  |