header_brav
Home
History
Gallery
Sires
Phase C Bulls
For Sale
News
Main Page
Links
     
 
For Information Contact
Gawie 082 897 9555
Willem 082 775 7067

gawien@telkomsa.net
willem.naude@agr.ecprov.gov.za

www.eduan.co.za

PO Box 105
Buttermead
Barkly-East
9786

Buttermead
(30°46’59”S 27°53’59”E)
 
     

News

Eduan Braunvieh Stoet Presteer Uitstekend

Die Eduan Braunvieh stoet van Gawie en Willem Naudé presteer weereens uitstekend tydens die 2011 Vryburg skou. Dit is die grootste beesskou in Suid-Afrika met met oor die 1000 stoetdiere wat vertoon was. Hul gaan skou met hoofsaaklik Junior diere en behaal die volgende pryse; 12 eerste plekke, 4 tweede plekke, 'n vierde en vyfde plek. Eduan Braunvieh behaal ook eerste plekke in al die groepklasse waarvoor hul ingeskryf het. Hulle behaal ook die die meeste punte op die skou.

Die stoet vertoon ook die kampioen en reserwe kalfkampioen vers en bul. Hul bul Eduan Rilo's Jafta kry die volgende toekennings: Eerste in sy klas, beste Braunvieh fase C bul, Kalf- en Ras-kampioen Braunvieh bul, Inter ras fase C kampioen, Reserwe Junior- en Groot-kampioen Inter-ras dubbeldoel bul. 'n Besondere prestasie as in ag geneem word dat daar oor die 500 Simentaler beeste in die dubbeldoel afdeling vertoon was tydens hul Nasionale kampioenskappe. Jafta word ook genomineer om die Braunvieh ras tydens Vleisentraal en die LNR se fase C kampioenskappe in Pretoria te verteenwoordig.

Tydens die skou word ook 'n spesiale oorkonde aan die stoet oorhandig vir 75 jaar van stoet teling. Hul ontvang ook die Presidents toekenning vir uitnemende prestasies behaal en vir rasbevordering die afgelope jaar.

Ons wens die eienaars van die plaaslike stoet geluk met die uitmuntende prestasie wat hul behaal het met die 75ste herdenking van hul stoet.














Farmers Day 2011

Eduan Braunvieh and Miniature Horses celebrate their 75th and 25th year of breeding with a very successful farmers day on Buttermead the 19th April 2011.

It was an excellent day with almost 50 people from all over South Africa attending the day. Gawie opened the day with an overview of the history and successes of the Braunvieh and Miniature horses on Buttermead.

It was followed by Mr Willem Kleyn of Intervet and Mr Charl Hunlun of Studbook.

Mt Piet de Villiers gave an overview of the Braunvieh breed and its history in South Africa.

Demonstrations were given on a Braunvieh Bull (Christopher Havenga) Braunvieh cow (Piet de Villiers) and the Miniature Horse (Willem Naudé)

The Rhodes ladies catered for the hungry and thirsty during the whole day thanks to them.

Farmers Day 2011 talks
Click on the links below to open the document

Farmers Day 2011 Photos
Click on any of the images for a larger version




Farmers Day 2009

Farmers day 2009




EDUAN BRAUNVIEH STOET PRESTEER UITSTEKEND

Die Eduan Braunvieh stoet van Gawie en Willem Naudé presteer uitstekend tydens die 2010 skou te Vryburg. Dit is die grootste beesskou in Suid-Afrika met 1350 beeste. Hul vertoon ses diere tydens die skou en behaal die volgende pryse; 6 eerste plekke en 3 tweede plekke.

Die stoet vertoon ook die reserwe kalfkampioenvers.

Hul bul Eduan Hector kry die volgende toekennings: Eerste in sy klas, beste Braunvieh fase C bul 18 tot 36 maande, Junior- en Ras-kampioen Braunvieh bul, Inter ras fase C kampioen, Junior- en Groot-kampioen Inter-ras dubbeldoel bul asook die reserwe Gouebeker dubbeldoel bees. Hector is verkoop aan die Christopher Braunvieh stoet van Petrusville teen ’n rekord prys van R50 000, wat ook die hoogste prys wat behaal is op die veiling.

Eduan Hector - Junior Kampioen Bul - Vryburg Skou 2010

     

  
 
© 2012 Eduan Braunvieh & Miniatuurperde
These pages were developed and are being maintained by
The South African Stud Book and Animal Improvement Association