History
Kudde Geskiedenis & Teelbeleid
Die Eduan Braunviehstoet is in 1936 begin met 2 koeie wat aangekoop is van Mnr. A. Van Jaarsveld van Dordrecht en die bul Saxon Oberst van Mnre. Von Maltitz Broers Ficksburg. Sedertdien is beeste aangekoop van verskeie vooraanstaande telers onder andere Millard, Pit Lochrie, Sonneskyn, Lizon, Vaaldu, A C cattle Co en andere. Sedert 1974 word ingevoerde semen van o.a. die volgende bulle Fax, Rotar, Zegler, Ziso, Lido, Major, Milor, gebruik.
Teelbeleid is om geharde beeste, met goeie groei vermoë onder uiterste omstandighede te teel. Moeders moet genoeg melk hê om swaar speenkalwers op ‘n gereelde grondslag te lewer en die bulle moet aangepas wees en genoeg vleis dra. Prestasie toetsing was nog altyd deel van die bestuursprogram en bulle word gereeld vir fase C getoets.
Eduan Braunvieh bulle was nog altyd gesog by kommersiële en stoet telers en die uitstekende pryse wat in die verlede behaal was, getuig hiervan.
Resultate wat in voerkrale verkry word en ‘n slag presentasie van 54% tot 56% is bewys daarvan. Kruisteling met Brahman bulle sorg vir ‘n uitstekende kommersiële vroulike kudde.
Na ‘n afwesigheid van 5 jaar is die Eduan Braunvieh stoet weer terug en beplan om met uitstaande genetika die sukses van die verlede voort te sit.
Herd History & Breeding Principals
The Eduan Braunveih Stud was founded in 1936 with two cows purchased from Mr A van Jaarsveld of Dordrecht and the bull Saxon Oberst from Messrs. Von Maltitz Bros. Ficksburg. Thereafter cattle were purchased from various prominent breeders such as Millard,Pit Lochrie, Sonneskyn, Lizon, Vaaldu, A C Cattle Co and others. Since 1974 imported semen from various bulls such as; Fax, Rotar, Zegler, Ziso, Lido, Major, Milor has been used.
The policy is to breed hardy cattle with good growth rate under extreme conditions. Cows with lots of milk that can produce heavy weaners on a regular basis and bulls with a lot of meat that are well adopted. Performance tests forms a basis of the management programme and bulls were tested on a regular basis in phase C of the Departments bul testing scheme.
Eduan Braunvieh bulls are always in demand from stud and commercial breeders as were reflected in the excellent prices received in the past.
Since 1920 only the best bulls were used in the commercial herd and results received from feedlots with a slaughter percentage of 54% to 56% is proof thereof. Crossbreeding with Brahman bulls provides excellent mothers for the commercial herd.
After an absence of five years the Eduan Braunvieh stud are back in business and plan to continue its success from the past with top genetics.
|